Stucco Italiano :: Italian Style Plaster Home   |   Contact us  
 
 
Oor ons...
 

STUCCO ITALIANO is in 2001 gestig en is vandag een van die voorste voorsieners van stukadoorspleister. Ons is eg Suid-Afrikaans en ons produkte vir woonhuise,  die handel en nywerheid word plaaslik vervaardig. Ons suksesse  het die weg gebaan vir uitvoer na die Europese mark.

 
HOME >>
CONTACT US >>

“STUCCO”  is die Italiaanse woord vir “gekleurde pleister”, of ook in Afrikaans bekend as stukadoorspleister. STUCCO ITALIANO  is ontwerp om ‘n natuurlike, unieke en eiesoortige voorkoms te bied en is met ons eie formules en aanwendingstegnieke ontwikkel. Met ons wye reeks uitstaande produkte en meesterlike vakmanskap kan ons mure, vloere, toonbanke en feitlik enige ander oppervlak in kunswerke omskep en terselfdertyd sorg dat dit duursaam, werkbestand, vlekbestand, weer- en waterbestand is.

Met die gepaste tegnieke en kleure uit ons wye reeks produkte, kan ons die regte atmosfeer help skep om te pas by enige styl, of dit nou Morrokaans, elders uit Afrika, Toskaans, Mediterreens, Modern, Hoe Tegnologie, Klassiek, Middeleeus, of enigiets anders is.

Die produkte kan oral op binne- en buitemure, werkvlakke, badkamers ens, aangewend word. Ons vloerafwerking kombineer uitsonderlik goed met hout, spoelklippies, sandklip, leiklip, keramiek- of mosaiekteels, net soos dit  van ouds die gebruik was met stukadoorwerk.

STUCCO ITALIANO DECORATORS

Hierdie maatskappy spesialiseer in die aanwending van ons produkte. Ons spits ons toe op deeglike opleiding en geriewe vir ons aanwendingspanne en franchise-houers en bied met trots hul vaardighede en top-vakmanskap  saam met die gebruik van ons produkte.

POWER INDUSTRIAL FLOORING

Die beste ontwerpstyl behoort ook veeleisende gebruik in die nywerheid te kan weerstaan. Die Power Industrial Flooring maatskappy voorsien swaardiens vloerbedekkings. Dit het gelei tot ‘n lang lys suksesvolle projekte in die wyn- en  voedselbedrywe asook die algemene nywerheid. Om die nuutste tegnieke aan te bied help goed opgeleide spanne met ons eie hoëvlak masjinerie om beton te slyp en te poleer.

Om meer besonderhede, besoek:
www.powerfloors.co.za
www.solidfloors.co.za

STUCCO ITALIANO DÉCOR

Die vraag na groot of buitengewoon groot dekoratiewe potte, of na wasbakke, baddens, kombuistoonbanke en ander dekoratiewe items het ons aangespoor om die Stucco Italiano Décor reeks te skep.

Stucco Italiano stukadoorspleister is beskikbaar in ‘n wye reeks kleure. Besoek gerus ons vertoonlokaal om jou eie kleure te kies, of gesels met ‘n konsultant.

Indien jy meer besonderhede verlang, kontak ons asseblief by:

STUCCO ITALIANO
Industriaweg 25, BRACKENFELL, Westelike Provinsie, Suid-Afrika.
Tel. 021 982 0006.
info@stuccoitaliano.co.za.
www.stuccoitaliano.co.
Vertoonlokaal by Willowbridge Sentrum, Tygervalley, Westelike Provinsie, Suid-Afrika.

   
 
 
 
   
    Copyright Stucco Italiano (Pty) Ltd © 2006. All rights Reserved.
Home   |   Contact us